Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werf
werf [boodskap #129485] So, 26 Januarie 2020 17:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werf
Afbreking: werf


Selfstandige naamwoord: werf
Meervoud: werwe
Verkleinwoord: werfie
Meervoud van verkleining: werfies

Betekenis:
• Die stuk grond rondom 'n huis.

Gebruik:
• Die hoenders loop op die werf rond.

Spreekwoord:
• Elke hond is baas op sy eie werf. [Elkeen voer gesag in sy eie woongebied.]

Afgelei:
• plaaswerf
• skeepswerf
• werfhaan
• werfhond

Vertaling:
Engels: yard, farmyard, shipyard
Nederlands: werf


Werkwoord: werf
Verlede tyd: het gewerf

Betekenis:
• Om mense te probeer oorreed om iets te doen.

Gebruik:
• Hulle het binne 'n bestek van twee maande tien beriggewers gewerf.

Spreekwoord:
• Iemand iets in die skoot werf. [Sommer gee sonder dat hy enige moeite daarvoor hoef te doen.]

Afgelei:
• werwing

Vertaling:
Engels: to recruit, enlist, canvass
Nederlands: werven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: werd
Volgende onderwerp: xilofoon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 20:17:49 MGT 2024