Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werd
werd [boodskap #129484] So, 26 Januarie 2020 17:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18813
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werd
Afbreking: werd


Byvoeglike naamwoord: werd

Betekenis:
• Die waarde van iets.

Gebruik:
• Hoeveel is die ring werd?
• Hy klou vir al wat hy werd is.

Spreekwoord:
• Dis nie 'n pyp twak werd nie. [Niks werd nie.]
• Geen bloue duit werd wees nie. [Niks werd wees nie.]
• Geen sikkepit werd nie. [Hoegenaamd niks werd nie.]
• Hy is nie 'n skoot kruit werd nie. [Hy is baie min werd.]
• Hy is sy gewig in goud werd. [Hy is baie bruikbaar.]
• Hy is sy sout werd. [Hy is 'n verdienstelike persoon.]
• Nie 'n knip voor die neus werd wees nie. [Beteken baie min.]
• Die kool is die sous nie werd nie. [Dis nie die moeite werd nie.]
• Iemand is nie werd dat die son op hom skyn nie. [Iemand is baie sleg.]
• Die een diens is die ander werd. [As jy iemand help, behoort hy jou weer te help.]
• Nie werd om iemand se skoenriem vas te maak nie. [Heeltemal iemand se mindere wees.]
• Wie die kleine nie eer nie, is die grote nie werd nie. [As 'n mens nie spaarsaam is nie, kan jy nie verwag om baie te besit nie.]

Vertaling:
Engels: worth
Nederlands: waard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wenner
Volgende onderwerp: werf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 13:15:19 MGT 2024