Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vreemd
vreemd [boodskap #129436] Sa, 25 Januarie 2020 13:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vreemd
Afbreking: vreemd
Uitspraak: /frɪəmt/


Byvoeglike naamwoord: vreemd
Vergrotende trap: vreemder
Oortreffende trap: vreemdste
Attributief: vreemde
Partitief: vreemds
Intensief: wildvreemd, wondervreemd

Betekenis:
• Iets wat ongewoon is; wat mens nie verstaan nie.
• Iets of iemand wat jy nie ken nie.

Gebruik:
• Die rok se ontwerp is vreemd.
• Hy voel vreemd in die nuwe skool, omdat hy nog nie maatjies gemaak het nie.

Sinoniem:
• eienaardig
• ongewoon
• uitheems
• onbekend

Antoniem:
• bekend
• normaal

Afgelei:
• vreemdeling
• vreemdheid
• vreemdsoortig

Vertaling:
Engels: strange, weird, odd; new, strange
Nederlands: vreemd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vragmotor
Volgende onderwerp: vreemdeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:09:23 MGT 2024