Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kuiken
kuiken [boodskap #128605] So, 08 Desember 2019 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kuikens
Kuikens
kuiken
Afbreking: kui•ken
Uitspraak: /ˈkœʏ̯kən/


Selfstandige naamwoord: kuiken
Meervoud: kuikens
Verkleinwoord: kuikentjie
Meervoud van verkleining: kuikentjies

Betekenis:
• Die kleintjie van 'n hoender, eend en sekere ander voëls.
• 'n Jong, onervare kind.

Gebruik:
• By pikkewyne word die ouer en groter kuiken voorgetrek en kry meer kos die tweede kuiken, wat verwaarloos word en gewoonlik vinnig sterf.
• Die kuiken wil vir my kom vertel hoe dit gedoen moet word.

Spreekwoord:
• Hy is sommer nog 'n kuiken. ['n Pure kind. Nog nat agter die ore.]
• 'n Randeier broei nooit 'n gesonde kuiken uit nie. [Van 'n losbol kom nooit iets tereg nie.]

Afgelei:
• kuikendief
• kuikenkos
• kuikenmoord
• kuikensaad
• kuikenswak
• uilskuiken

Vertaling:
Engels: chicken
Nederlands: kuiken
Venda: khukhwana, tshikukwana, lukukwana
Xhosa: intshontsho
Zoeloe: ubucubu, ubucwibi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kryt
Volgende onderwerp: kunstenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:53:11 MGT 2024