Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kryt
kryt [boodskap #128604] So, 08 Desember 2019 07:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gekleurde kryte.
Gekleurde kryte.
'n Bokskryt.
'n Bokskryt.
kryt
Afbreking: kryt


Selfstandige naamwoord: kryt
Meervoud: kryte
Verkleinwoord: krytjie
Meervoud van verkleining: krytjies

Betekenis:
• Kalkagtige stof wat in die natuur aangetref word.
• Skryfmateriaal van die kalkagtige stof waarmee onderwysers op skoolborde skryf.
• Skryfmateriaal waarmee kinders prente inkleur.
• Ruimte met toue omring waarbinne sekere sporte beoefen word (bokskryt, stoeikryt, ens.)

Gebruik:
• Die Egiptenare het in die Nyl gebad en seep gebruik wat van diervet en kryt gemaak is.
• Die juffrou skryf die dag se huiswerk met wit kryt op die swartbord.
• Elke kind kry 'n inkleurboek met 'n boksie gekleurde kryte.
• Die toeskouers klap hande toe die boksers in die kryt klim.

Spreekwoord:
• Hy tree in die kryt vir my. [Iemand verdedig.]

Vertaling:
Engels: limestone; chalk; crayon; ring, arena
Nederlands: krijt

Nota:
• Pasop, "Kryt" met 'n hoofletter verwys na 'n geologie tydperk, die derde en laaste periode van die mesosoïese era.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kruis
Volgende onderwerp: kuiken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:20:16 MGT 2024