Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kruip
kruip [boodskap #128602] Sa, 07 Desember 2019 19:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Babatjie wat rondkruip.
'n Babatjie wat rondkruip.
kruip
Afbreking: kruip


Werkwoord: kruip
Verlede tyd: het gekruip
Teenwoordige deelwoord: kruipende

Betekenis:
• Naby aan die grond beweeg, meestal op die hande en knieë.
• (figuurlik) Baie stadig beweeg; aankruip.
• (figuurlik) Onderdanig wees; oordrewe nederigheid of toenadering soek.
• Skuiling, veiligheid of warmte soek; inklim.

Gebruik:
• Die baba kruip na sy botel toe.
• Die pad was besig en ons het moes na ons bestemming kruip.
• Sy kruip by die onderwyser. Mens moet weet hoe om voor jou baas te kruip.
• Ek kruip onder my kombers in.

Spreekwoord:
• In jou skulp kruip. [Jou onttrek.]
• In 'n hoekie kruip. [Jou onttrek.]
• Eers kruip, dan loop. [Begin klein.]
• Hy kruip in die stof. [Verneder word.]
• Sy kruip in haar dop. [Nie vrymoedig optree nie.]
• Hy kruip by die agterdeur in. [Verkry 'n bevoorregte posisie op 'n onreëlmatige manier.]
• Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. [Vir jou familie doen jy altyd meer as vir ander mense.]

Afgelei:
• inkruip
• kruiper
• kruipery
• kruipsand
• rondkruip

Vertaling:
Engels: to crawl, creep; cringe, grovel
Nederlands: kruipen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kruideniersware
Volgende onderwerp: kruis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:26:16 MGT 2024