Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krap
krap [boodskap #128595] Sa, 07 Desember 2019 16:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Krap.
'n Krap.
krap
Afbreking: krap


Selfstandige naamwoord: krap
Meervoud: krappe
Verkleinwoord: krappie
Meervoud van verkleining: krappies

Betekenis:
• Klein kreefagtige waterdiertjie met 5 pare pote en groot knypers op die voorpote.
• Skrapie waar iets beskadig is; krapmerk.

Gebruik:
• 'n Krap beweeg lateraal voort (loop skuins) en kan vinnig ingrawe as gevaar dreig.
• Die kar is vol krappe.

Spreekwoord:
• As die groot krap skeef loop, hoe kan die kleintjie reguit loop? [Die voorbeeld van die ouer het 'n groot invloed op die kind.]

Vertaling:
Engels: crab; scratch
Nederlands: krab


Werkwoord: krap
Verlede tyd: het gekrap
Teenwoordige deelwoord: krappende

Betekenis:
• Met die naels bykom; skraap.
• Deurmekaar maak; omkrap.
• Slordig skryf of hale oor papier maak (meestal oor verkeerde woorde).

Gebruik:
• Sy krap kom in die gesig.
• Hy krap die kamer om.
• Ek krap die verkeerde woord dood.

Spreekwoord:
• Jy moet jou eie potjie krap. [Vir jouself sorg.]
• Hy het nie 'n nael om hom mee te krap nie. ['n Arme sukkelaar wees.]
• Hy krap in my slaai. [Iemand in liefdesake of ook andersins benadeel.]
Krap waar dit nie jeuk nie. [Jou bemoei met sake wat jou nie aangaan nie.]
• Moenie al die aanbrandsel uit jou pot krap nie. [Moenie al jou middele gebruik nie.]
Krap my rug, dan krap ek joune. [As jy my 'n guns bewys, bewys ek jou weer een.]

Vertaling:
Engels: to scratch, scrape, dig
Nederlands: krabben

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skrap
Volgende onderwerp: kreatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:02:11 MGT 2024