Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krans
krans [boodskap #128593] Sa, 07 Desember 2019 13:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Krans.
'n Krans.
'n Krans.
'n Krans.
krans
Afbreking: krans


Selfstandige naamwoord: krans
Meervoud: kranse
Verkleinwoord: kransie
Meervoud van verkleining: kransies

Betekenis:
• Ronde ornament van blomme wat o.a. op die kop gedra of op 'n graf gesit word.
• Groot, regaf steil rots; plek waar 'n berg 'n afgrond vorm.

Gebruik:
• Die Romeine het 'n krans van lourierblare aan die oorwinnaar oorhandig.
• Pas op dat jy nie van die krans afval nie. Oor ons ewige gebergtes, waar die kranse antwoord gee.

Spreekwoord:
• Elke bobbejaan het sy krans. [Elke mens het 'n plek waar hy tuis is.]
• Goeie wyn het nie 'n krans nodig nie. [Wat goed is, hoef nie aangeprys te word nie.]

Afgelei:
• kransaalwyn
• kransberg
• kranslegging

Vertaling:
Engels: wreath; cliff, krantz
Nederlands: krans; klip, klif

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kraan
Volgende onderwerp: skrap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:03:36 MGT 2024