Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kraal
kraal [boodskap #128591] Sa, 07 Desember 2019 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Krale
Krale
kraal
Afbreking: kraal
Uitspraak: /krɑːl/


Selfstandige naamwoord: kraal
Meervoud: krale
Verkleinwoord: kraletjie
Meervoud van verkleining: kraletjies

Betekenis:
• 'n Klein, ronde balletjie met 'n gaatjie waardeur 'n toutjie gesteek kan word; deurboorde versiersel.

Gebruik:
• Sy dra altyd die mooiste helder krale.

Vertaling:
Engels: bead
Nederlands: kraal

Beeste in 'n kraal.
Beeste in 'n kraal.

Selfstandige naamwoord: kraal
Meervoud: krale
Verkleinwoord: kraaltjie
Meervoud van verkleining: kraaltjies

Betekenis:
• 'n Omheinde ruimte vir vee; plek van takke, klippe, ens. om diere soos skape en beeste in te hou.
• Rondawels of hutte wat omhein is, soos 'n Bantoe-dorpie.

Gebruik:
• Jaag die skape in die kraal.
• Gert Maritz het vir Retief gewaarsku om nie weer na Dingaan se kraal te gaan nie.

Spreekwoord:
• Dis net so in sy kraal. [Dis net wat hy wil hê.]
• Die hek is uit die kraal. [Daar is nie meer toesig nie.]
• Al sy ossies is nie in die kraal nie. [Hy is nie by sy volle verstand nie.]
• Baie mak skape gaan in een kraal. [Vredeliewende mense kan maklik saamwoon.]
• Agteros kom ook in die kraal. [Al is ’n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees.]

Hiponiem:
• beeskraal
• klipkraal
• laaikraal
• skaapkraal
• uitkeerkraal
• voerkraal

Afgelei:
• kraalhek

Vertaling:
Engels: kraal, corral
Nederlands: kraal

Nota:
• Van Portugees: "curral".
• In teenstelling met 'n stal, het 'n kraal nie 'n dak nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kou
Volgende onderwerp: kraan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:37:49 MGT 2024