Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koppie
koppie [boodskap #128588] Sa, 07 Desember 2019 08:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18815
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Koppie tee.
'n Koppie tee.
'n Koppie.
'n Koppie.
koppie
Afbreking: kop•pie


Selfstandige naamwoord: koppie
Meervoud: koppies
Verkleinwoord: koppietjie
Meervoud van verkleining: koppietjies

Betekenis:
• 'n Houer met 'n oor waaruit 'n mens tee of koffie drink; drinkbakkie.
• 'n Kleinerige heuwel.
• Verkleining van kop; die klein hoof van 'n mens of dier (of wat daaraan herinner).

Gebruik:
• Verkies jy jou koffie in 'n koppie of 'n beker?
• Wanneer gaan ons die koppie uitklim?
• Die hoender se koppie pas net-net deur die hok se draad.

Afgelei:
• afoorkoppie
• kleinkoppie
• malkoppie
• teekoppie

Verwant:
• piering

Vertaling:
Engels: cup; hill; small head
Nederlands: kopje

Nota:
• Met verwysing na 'n kleinerige kop (hoof) of iets met so 'n vorm. Die oorwinnaars het al menigmaal uit die skedels van hul vyande gedrink.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koor
Volgende onderwerp: kortverhaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 15:33:59 MGT 2024