Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kook
kook [boodskap #128586] Sa, 07 Desember 2019 07:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kook
Afbreking: kook


Werkwoord: kook
Verlede tyd: het gekook
Teenwoordige deelwoord: kokende
Verlede deelwoord: gekookte

Betekenis:
• Kos gaarmaak; 'n ete berei.
• Tot by kookpunt warm maak.
• Baie ontsteld oor iets wees.
• Baie goed wees/doen.

Gebruik:
• Ma kook aandete.
• Water kook by seevlak teen 100 grade Celsius.
• Pa het gekook toe ek die venster uitgeslaan het.
• Dis ongelooflik goed, die man kook!

Spreekwoord:
• Sy bloed kook. [Hy is baie kwaad.]
• Hy moet die pot aan die kook hou. [Hy moet sake aan die gang hou.]
• Hy kook aasvoël in die geselskap. [Hy maak onwelvoeglike aanmerkings.]

Afgelei:
• kookboek
• kookdemonstrasie
• kookgereedskap
• kookketel
• kookklas
• kookkuns
• kookles
• kookmelk
• kookolie
• kookplaat
• kookpot
• kookpunt
• kooksel
• kookskerm
• kookskool
• kooksoond
• kookster

Vertaling:
Engels: to cook; boil; fume, seethe
Nederlands: koken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konstabel
Volgende onderwerp: koor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:53:56 MGT 2024