Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konsert
konsert [boodskap #128584] Sa, 07 Desember 2019 07:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsert
Afbreking: kon•sert


Selfstandige naamwoord: konsert
Meervoud: konserte
Verkleinwoord: konsertjie
Meervoud van verkleining: konsertjies

Betekenis:
• 'n Geleentheid waar mense optree om ander te vermaak.

Gebruik:
• Elke jaar hou ons 'n konsert wat fokus op massadeelname, m.a.w. elke kind in die skool neem deel.
• Plaaslike sangers het Gé Korsten in 'n skouspelagtige konsert vereer.

Hiponiem:
• simfoniekonsert
• skoolkonsert
• strykkonsert

Afgelei:
• konsertganger
• konsertgebou
• konsertmeester
• konsertsaal
• konsertsanger
• konsertseisoen
• konsertstuk

Vertaling:
Engels: concert
Nederlands: concert

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kompetisie
Volgende onderwerp: konstabel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 02:56:13 MGT 2024