Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plesier
plesier [boodskap #128452] Vr, 22 November 2019 18:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plesier
Afbreking: ple•sier
Uitspraak: /plesier/


Selfstandige naamwoord: plesier
Meervoud: plesiere
Verkleinwoord: plesiertjie
Meervoud van verkleining: plesiertjies

Betekenis:
• 'n Gevoel van vreugde en genot wanneer mens iets geniet of daarmee tevrede is.

Gebruik:
• 'n Mens kan nie net plesier wil hê nie.

Spreekwoord:
Plesier is nes 'n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer. [Plesier verloor sy aantreklikheid as 'n mens dit eers geniet.]

Sinoniem:
• genot
• vreugde
• welbehae

Afgelei:
• plesierboot
• plesieroord
• plesierig
• plesierrit
• plesiervaart

Vertaling:
Engels: pleasure, fun, enjoyment
Nederlands: plezier


Werkwoord: plesier
Verlede tyd: het geplesier

Betekenis:
• Iemand 'n guns bewys of iemand iets laat geniet.

Gebruik:
• Sy doen dit net om hom te plesier.

Vertaling:
Engels: to please
Nederlands: plezieren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snik
Volgende onderwerp: moor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:38:21 MGT 2024