Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grote
grote [boodskap #128448] Vr, 22 November 2019 06:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grote
Afbreking: gro•te


Selfstandige naamwoord: grote
Meervoud: grotes
Verkleinwoord: grotetjie
Meervoud van verkleining: grotetjies

Betekenis:
• Die groot een; iemand of iets wat fisies groot of groots (belangrik) is; volwasse en nie meer klein nie.

Gebruik:
• Die visser vertel sy maats van die grote wat weggekom het.

Spreekwoord:
• Baie kleintjies maak 'n grote. [Elke bietjie help om 'n groot hoeveelheid bymekaar te kry.]
• Wie die kleine nie eer nie, is die grote nie werd nie. [As 'n mens nie spaarsaam is nie, kan jy nie verwag om baie te besit nie.]

Antoniem:
• kleine
• kleintjie

Homofoon:
• grootte (afmeting, dimensie)

Vertaling:
Engels: big one
Nederlands: grote

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kleipot
Volgende onderwerp: tresoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:59:58 MGT 2024