Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klap
klap [boodskap #128426] Wo, 20 November 2019 05:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klap
Afbreking: klap


Werkwoord: klap
Verlede tyd: het geklap
Teenwoordige deelwoord: klappende

Betekenis:
• Met die hand slaan; met 'n oophand bydam.
• Die geluid van 'n harde slag.
• Die hande teen mekaar slaan, gewoonlik as vertoon van byval, dank of bewondering.

Gebruik:
• Ek gaan jou klap as jy dit verkeerd doen.
• Die fiets val om en klap teen die vloer.
• Die gehoor klap na elke item hande.

Spreekwoord:
• Praat van 'n engeltjie en jy hoor sy vlerke klap. [Gesê wanneer iemand oor wie gepraat word, onverwags op die toneel verskyn.]

Vertaling:
Engels: to slap, smack; clap, applaud
Nederlands: klappen


Selfstandige naamwoord: klap
Meervoud: klappe
Verkleinwoord: klappie
Meervoud van verkleining: klappies

Betekenis:
• 'n Skielike luidrugtige slag (wanneer iets teen iets anders slaan).
• 'n Bestrawwing deur iemand met die oop hand te slaan.

Gebruik:
• Die ou vaas val met 'n harde klap in duisende stukke op die vloer.
• Sy het hom 'n harde klap gegee.

Spreekwoord:
• Hy gee my 'n taai klap. [Iemand 'n harde klap gee.]
• Hy het 'n klap van die windmeul weg. ['n Bietjie mal wees.]
• Twee vlieë in een klap slaan. [Twee voordele met een moeite behaal.]

Vertaling:
Engels: slap, blow, lash, stroke, crack
Nederlands: klap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klant
Volgende onderwerp: kortbroek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 20:25:13 MGT 2024