Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ketting
ketting [boodskap #128417] Di, 19 November 2019 18:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18626
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ketting.
'n Ketting.
ketting
Afbreking: ket•ting


Selfstandige naamwoord: ketting
Meervoud: kettings
Verkleinwoord: kettinkie
Meervoud van verkleining: kettinkies

Betekenis:
• Ysterskakels wat aanmekaar vas is; aaneengeskakelde metaalringe wat saam 'n string vorm.
• (figuurlik) 'n Aaneengeslote reeks van gelyksoortige gebeurtenisse, elemente, feite, aksies ens.

Gebruik:
• Sy fiets se ketting het afgeval. Sy dra 'n ketting om haar nek.
• Die kinders haak by mekaar in om 'n lewendige ketting te vorm.

Spreekwoord:
• Jy het 'n ketting aan jou been. [Word gestrem in jou handelinge.]

Afgelei:
• kettingbotsing
• kettingbrief
• kettingreaksie
• kettingvormig
• kettingwinkel
• sluitketting
• veiligheidsketting

Vertaling:
Engels: chain
Nederlands: ketting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skennis
Volgende onderwerp: kilogram
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:22:21 MGT 2024