Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kers
kers [boodskap #128407] Ma, 18 November 2019 06:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n kers.
'n kers.
kers
Afbreking: kers
Uitspraak: /kɛrs/


Selfstandige naamwoord: kers
Meervoud: kerse
Verkleinwoord: kersie
Meervoud van verkleining: kersies

Betekenis:
• Klein liggie van was met 'n pit wat aan die brand gesteek word; silindervormige staaf met 'n brandbare pit wat gebruik word om lig te maak.
• 'n Ou eenheid van ligsterke; kerskrag.

Gebruik:
• Met die gereelde beurtkrag wat ons ondervind, hou ons maar 'n kers langs elke bed.

Spreekwoord:
• By iemand kers opsteek. [By iemand raad vra; inligting soek.]
• Die kers aan twee kante brand. [Verkwistend te werk gaan met jou kragte.]
• Hy vlieg om die kers totdat hy daaraan raak. [Aanhou om iets gevaarliks te doen.]
• Hy kan nie vir iemand kers vashou nie. [Nie naastenby kan doen wat iemand anders kan doen nie.]

Afgelei:
• kersblaker
• kersdemper
• kersdomper
• kershouer
• kerslig
• kerspit
• kerssnuiter
• kerssterkte
• kersvet
• kersvlam
• kerswas

Vertaling:
Engels: candle; candela
Nederlands: kaars; candela

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kêrel
Volgende onderwerp: kersie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 15:33:10 MGT 2024