Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesond
gesond [boodskap #128068] So, 20 Oktober 2019 07:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesond
Afbreking: ge•sond
Uitspraak: /χəˈsɔnt/


Byvoeglike naamwoord: gesond
Vergrotende trap: gesonder
Oortreffende trap: gesondste
Attributief: gesonde
Intensief: kerngesond, blakend gesond

Betekenis:
• Vry van siekte en ander ongesteldhede.
• Bevorderlik vir 'n goede kondisie; iets wat goed is vir 'n mens en siektes keer.

Gebruik:
• Hy is nog baie gesond vir jy ouderdom.
• Liggaamsoefening is goed en gesond vir 'n mens.

Spreekwoord:
• Hy is gesond van lyf en lede. [Hy is blakend gesond.]
• Bitter in die mond maak die hart gesond. [Medisyne wat sleg is, is baie goed.]

Sinoniem:
• heilsaam
• perdfris
• uitgevreet
• voedsaam
• wel

Antoniem:
• siek

Afgelei:
• gesondheid

Vertaling:
Engels: healthy, sound, wholesome
Nederlands: gezond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gesels
Volgende onderwerp: getrou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:38:08 MGT 2024