Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geluk
geluk [boodskap #128060] Sa, 19 Oktober 2019 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18789
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geluk
Afbreking: ge•luk
Uitspraak: /χəˈlœk/


Selfstandige naamwoord: geluk
Meervoud: gelukke
Verkleinwoord: gelukkie
Meervoud van verkleining: gelukkies

Betekenis:
• Gunstige toeval; 'n voordelige kans of meevaller wat iemand tref.
• Toestand van tevredenheid; 'n gevoel as mens bly is en alles goed gaan; geseënde omstandighede.
• Die toewens van voorspoed, blydskap, ens.

Gebruik:
• Sy geluk het gedraai. Hy het die lotto gewen, die geluk is aan sy kant!
• Sy het uiteindelik geluk gevind. Die kind se gesig straal van geluk.
Geluk met jou goeie punte. Veels geluk met jou verjaarsdag.

Spreekwoord:
Geluk is maar 'n dag lank. [Geluk is van korte duur.]
• Dit was meer geluk as wysheid. [Die sukses is meer aan geluk as aan iets anders te danke.]
• Jy kan nou van geluk praat. [Jy was gelukkig dat sake so goed verloop het.]
• 'n Ons geluk is beter as 'n pond verstand. [Geluk help baie keer meer as verstand.]
• Daar is altyd geluk by die ongeluk. [Selfs in die ergste teenspoed is daar iets waarvoor 'n mens dankbaar moet wees.]

Antoniem:
• ongeluk

Afgelei:
• beginnersgeluk
• gelukkig
• geluksvoël
• gelukwens

Vertaling:
Engels: luck, fortune, success; happiness, joy; congratulations
Nederlands: geluk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geluid
Volgende onderwerp: gelukwens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 17:22:33 MGT 2024