Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ploeg
ploeg [boodskap #128057] Sa, 19 Oktober 2019 05:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Land word geploeg.
'n Land word geploeg.
'n Outydse ploeg.
'n Outydse ploeg.
ploeg
Afbreking: ploeg


Selfstandige naamwoord: ploeg
Meervoud: ploeë
Verkleinwoord: ploegie
Meervoud van verkleining: ploegies

Betekenis:
• Werktuig wat die grond omgekeer/omdolwe, sodat daar geplant of gesaai kan word.

Gebruik:
• In die ou tyd is perde en beeste ingespan om die ploeg te trek.

Spreekwoord:
• Die hand aan die ploeg slaan. [Begin werk.]

Afgelei:
• ploegdiepte
• ploegland
• ploegskaar
• ploegvoor
• ploegbalk
• ploegwiel

Vertaling:
Engels: plough
Nederlands: ploeg


Werkwoord: ploeg, ploeë
Verlede tyd: het geploeg, geploeë

Betekenis:
• Grondoppervlak met 'n ploeg omkeer; omwoel.
• Hard deur iets bars of op die grond val; deurklief.
• Swoegend en met groot moeite voortbeweeg.

Gebruik:
• Hy ploeg die mielieland.
• Die bus verloor sy remme en ploeg deur die skare.
• Sy kan nie meer die geploeg en geploeter verdra nie.

Spreekwoord:
Ploeg met die osse wat jy het. [Jou bes doen met die middele wat jy het.]
• Hy ploeg met 'n ander se kalwers. [Maak gebruik van 'n ander se idees en planne asof dit jou eie is.]

Afgelei:
• inploeg
• omploeg
• terugploeg

Wisselvorm:
• ploeë
• ploe

Vertaling:
Engels: to plough
Nederlands: ploegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geletterdheid
Volgende onderwerp: kursus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:22:27 MGT 2024