Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geheue
geheue [boodskap #128053] Vr, 18 Oktober 2019 18:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geheue
Afbreking: ge•heue
Uitspraak: /χəˈɦɪø.χə/


Selfstandige naamwoord: geheue
Meervoud: geheues
Verkleinwoord: geheuetjie
Meervoud van verkleining: geheuetjies

Betekenis:
• Die deel van die brein waarin herinneringe gestoor en opgesoek word.
• (informatika) Plek in 'n rekenaar waar data en programme vir vinnige toegang geplaas word.

Gebruik:
• Ek onthou dit nie, my geheue is ongelukkig nie meer so goed nie.
• Het jou rekenaar genoeg geheue om die speletjie te loop?

Spreekwoord:
• Hy het 'n geheue soos 'n olifant. [Kan baie goed onthou.]
• Iemand se geheue begin hom parte speel. [Iemand kan nie meer so goed onthou nie.]

Afgelei:
• geheue-oefening
• geheuebrug
• geheueruimte
• geheuestokkie
• geheueverfrisser
• geheueverlies
• korttermyngeheue

Vertaling:
Engels: memory, remembrance
Nederlands: geheugen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vlootblou
Volgende onderwerp: diensstasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:39:43 MGT 2024