Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » viool
viool [boodskap #128042] Vr, 18 Oktober 2019 14:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Viool.
'n Viool.
viool
Afbreking: viool
Uitspraak: /fiˈʊə̯l/


Selfstandige naamwoord: viool
Meervoud: viole
Verkleinwoord: viooltjie
Meervoud van verkleining: viooltjies

Betekenis:
• Strykinstrument van hout met vier snare wat 'n mens teen die ken druk om dit te bespeel.

Gebruik:
• 'n Viool bring klank voort deur die snare met 'n strykstok in trilling te bring of deur dit met die vingers te tokkel.

Spreekwoord:
• Sy speel tweede viool. [Ondergeskik wees.]
• Hy speel eerste viool. [Baasspeel; die meeste sê te hê.]
• Jy het ook 'n dubbeltjie in die viool. [Jy het ook iets met die saak te doen.]
• n Ou viool kan ook nuwe liedjies speel. ['n Ou persoon kan ook iets moois lewer.]

Hiponiem:
• basviool
• altviool
• knieviool
• armviool
• beenviool

Vertaling:
Engels: violin
Nederlands: viool

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geheim
Volgende onderwerp: pil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:13:49 MGT 2024