Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » enkel
enkel [boodskap #127961] Wo, 09 Oktober 2019 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die enkel van 'n mens.
Die enkel van 'n mens.
enkel
Afbreking: en•kel
Uitspraak: /ˈɛŋ.kəl/


Selfstandige naamwoord: enkel
Meervoud: enkels
Verkleinwoord: enkeltjie
Meervoud van verkleining: enkeltjies

Betekenis:
• Deel van die lyf tussen die voete en die bene. Die gewrig wat die voet met die been verbind.

Gebruik:
• Hy het sy enkel verstuit.
• As jy my slaan skop ek jou enkel af.

Afgelei:
• enkelband
• enkelbeen
• enkeldiep
• enkelgewrig
• enkelskut
• enkelverband
• enkelverstuiting
• linkerenkel
• regterenkel

Vertaling:
Engels: ankle
Nederlands: enkel


Byvoeglike naamwoord: enkel
Attributief: enkele

Betekenis:
• Net een van iets.

Gebruik:
• Die boom het 'n enkel stamme en geronde kroon.
• Daar was net 'n enkele reddingsboot op die skip.

Antoniem:
• dubbel

Afgelei:
• enkelbank
• enkelbed
• enkelbreedte
• enkeldekker
• enkeling
• enkelkaartjie
• enkelkwartier
• enkelloopgeweer
• enkelmediumskool
• enkelspel
• enkelspeler
• enkelspoor
• enkelverdiepinghuis
• enkelvoud

Vertaling:
Engels: single, sole, alone
Nederlands: enkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: enjin
Volgende onderwerp: pleisterplank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 01:22:12 MGT 2024