Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » emmer
emmer [boodskap #127959] Wo, 09 Oktober 2019 06:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Emmer.
'n Emmer.
ermer
Afbreking: em•mer


Selfstandige naamwoord: emmer
Meervoud: emmers
Verkleinwoord: emmertjie
Meervoud van verkleining: emmertjies

Betekenis:
• 'n Houer met 'n hingsel waarin vloeistof of 'n ander stof in geskep, gedra of gebêre word.
• Ou Kaapse inhoudsmaat vir graan.

Gebruik:
• Sy skep 'n emmer vol water uit die rivier en dra dit na haar hut.

Spreekwoord:
• Hy skop die emmer. [Gaan dood.]
• Dis 'n druppel in die emmer. [Iets onbelangriks, baie min.]
• Die druppel wat die emmer laat oorloop. ['n Kleinigheidjie wat die gespanne gevoelens laat uitbars.]

Hiponiem:
• melkemmer
• putemmer
• skepemmer
• wateremmer

Afgelei:
• emmerstelsel
• emmervol

Vertaling:
Engels: bucket, container, pail
Nederlands: emmer
Xhosa: i-emele

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: element
Volgende onderwerp: enjin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 21:16:41 MGT 2024