Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bokant
bokant [boodskap #127776] Do, 19 September 2019 05:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bokant
Afbreking: bo•kant
Samestelling: bo + kant


Selfstandige naamwoord: bokant
Meervoud: bokante

Betekenis:
• Die deel wat bo is; die sye van 'n ruimtelike figuur wat na bo wys, teenoor die onderkant wat na onder wys.
• Die hoogste, beste, rykste, vinnigste deel van iets.

Gebruik:
• Hulle woon aan die bokant van die straat. Bokant toe!
• Die maatskappy se produkte fokus op die bokant van die mark.

Antoniem:
• onderkant

Vertaling:
Engels: upper side, top
Nederlands: bovenkant


Voorsetsel: bokant

Betekenis:
• Iets wat bo is.

Gebruik:
• Die skildery hang bokant die skoorsteen.

Spreekwoord:
• Dis bokant my vuurmaakplek. [Dis meer as wat ek kan doen of begryp.]

Vertaling:
Engels: above
Nederlands: bovenkant


Bywoord: bokant

Betekenis:
• Hoër op.

Gebruik:
Bokant loop die trein.

Vertaling:
Engels: higher up
Nederlands: bovenkant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kleinkind
Volgende onderwerp: bom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:27:20 MGT 2024