Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bobbejaan
bobbejaan [boodskap #127768] Di, 17 September 2019 20:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bobbejaan.
'n Bobbejaan.
bobbejaan
Afbreking: bob•be•jaan


Selfstandige naamwoord: bobbejaan
Meervoud: bobbejane
Verkleinwoord: bobbejaantjie
Meervoud van verkleining: bobbejaantjies

Betekenis:
• Harige soogdier met 'n kort stert en hondagtige snoet, 'n lid van die primaat-orde, groter as 'n aap en met donkerder hare.
• (figuurlik) Iemand wat lomp en dom is.

Gebruik:
• Die enigste bobbejaan in Suider-Afrika is die Kaapse bobbejaan (Papio ursinus).
• Die bobbejaan dink ek is verlief op hom.

Spreekwoord:
• Toe jy nog 'n bobbejaan was. [Voor jy nog gebore is.]
• 'n Bobbejaan het daar 'n kierie nodig. [n Onbegaanbare pad.]
• Hy speel met geld soos 'n bobbejaan met waboomblare. [Geld verkwis.]
• Soveel soos 'n bobbejaan van godsdiens weet. [Niks daarvan weet nie.]
• Elke bobbejaan het sy krans. [Elke mens het 'n plek waar hy tuis is.]
• Moenie bobbejaan oppasser van die vyeboom maak nie. ['n Skelm persoon in 'n verantwoordelike pos aanstel.]
• Die bobbejaan agter die bult gaan haal. [Moeilikheid vooruitloop; jou kwel oor iets wat nog nie gebeur het nie.]
• As bobbejaan sy stert verbrand, byt hy sy baas. [As iemand 'n fout begaan of homself skade aandoen, blameer hy dikwels iemand anders daarvoor.]

Afgelei:
• bobbejaanmannetjie
• bobbejaanwyfie

Vertaling:
Engels: baboon; stupid person
Nederlands: baviaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blyplek
Volgende onderwerp: boelie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 07:05:24 MGT 2024