Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blok
blok [boodskap #127762] Ma, 16 September 2019 15:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
blok
Afbreking: blok


Selfstandige naamwoord: blok
Meervoud: blokke
Verkleinwoord: blokkie
Meervoud van verkleining: blokkies

Betekenis:
• 'n Groot (meestal vierkantige of reghoekige) voorwerp.
• 'n Groep dinge wat 'n eenheid vorm.

Gebruik:
• Die kok rasper 'n blok kaas.
• Twee blokke van ons af is 'n blok woonstelle.

Spreekwoord:
• Jou kop op 'n blok sit. [Baie seker wees van iets.]
• Dis soos 'n blok aan die been. [Iets wat jou belemmer, wat vooruitgang strem.]

Afgelei:
• blokdiagram
• blokstruktuur
• boublok

Vertaling:
Engels: block
Nederlands: blok


Werkwoord: blok
Verlede tyd: het geblok

Betekenis:
• Terughou; blokkeer; afsluit.
• Hard studeer vir 'n eksamen; bloktyd.

Gebruik:
• Die doelwagter blok die bal met sy hande.
• Sy blok vir die eksamen.

Vertaling:
Engels: to block; to swot, cram
Nederlands: blokken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloedrooi
Volgende onderwerp: blokkiesraaisel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:04:11 MGT 2024