Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blink
blink [boodskap #127745] Sa, 14 September 2019 15:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
blink
Afbreking: blink


Byvoeglike naamwoord: blink
Vergrotende trap: blinker
Oortreffende trap: blinkste
Attributief: blink
Partitief: blinks
Intensief: skitterblink, diamantblink, kristalblink, spieëlblink, bottelblink, kraakblink

Betekenis:
• Wat glinsterend en helder is.
• Wat slim uitgedink is.

Gebruik:
• Sy tel 'n blink klippie op.
• Hy het 'n blink plan beraam.

Spreekwoord:
• Elke saak het sy blink kant. [Geen ding is net sleg nie.]
• Hou die blink kant bo. [Hou moed.]
• Hy lieg blink en bles. [Lieg baie erg.]

Vergelyking:
• So blink soos 'n spieël. [Baie blink]
• So blink soos 'n nuwe sikspens. [Netjies en deftig aangetrek wees.]

Sinoniem:
• glansryk
• glansend
• glansig
• glinsterend
• stralend
• weerkaatsend

Antoniem:
• dof

Vertaling:
Engels: shining, glittering, bright
Nederlands: blink


Werkwoord: blink
Verlede tyd: het geblink

Betekenis:
• 'n Glans afgee.

Gebruik:
• Sy skoene blink in die son.

Spreekwoord:
• Dis goud wat blink, maar koper wat stink. [Die skyn bedrieg.]
• Dis nie alles goud wat blink nie. [Nie alles wat mooi lyk, is goed nie.]

Sinoniem:
• flikker
• glimmer
• glinster
• skitter
• straal
• vonkel

Vertaling:
Engels: to shine, glitter, gleam
Nederlands: blinken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blind
Volgende onderwerp: blokfluit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 11:48:08 MGT 2024