Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blik
blik [boodskap #127743] Sa, 14 September 2019 12:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blik met seep.
'n Blik met seep.
blik
Afbreking: blik


Selfstandige naamwoord: blik
Meervoud: blikke
Verkleinwoord: blikkie
Meervoud van verkleining: blikkies

Betekenis:
• Soort houer van metaal waarin mens goed bêre.
• 'n Oogopslag; manier van kyk.

Gebruik:
• Gooi 'n blik mielies by die pap.
• Sy kyk na my met 'n skerp blik.

Spreekwoord:
• Met 'n blik aan sy stert huis toe kom. [Verleë terugkeer.]
• Sonder om te blik of te bloos. [Sonder om enigsins skaam te wees.]
• Sy keel is met blik uitgevoer. [Hy kan baie warm vloeistowwe drink.]

Afgelei:
• asblik
• blikkieskos
• blikoopmaker
• bliksnyer
• broodblik
• koekblik
• kosblik
• terugblik
• toekomsblik
• visblik

Vertaling:
Engels: tin; look, glance, gaze
Nederlands: blik


Werkwoord: blik
Verlede tyd: het geblik
Verlede deelwoord: geblikte

Betekenis:
• Om in 'n blik te plaas.

Gebruik:
• Die fabriek blik vis.

Vertaling:
Engels: to tin
Nederlands: blikken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bleek
Volgende onderwerp: blind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 16:50:11 MGT 2024