Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blaf
blaf [boodskap #127741] Sa, 14 September 2019 12:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hond wat blaf.
'n Hond wat blaf.
blaf
Afbreking: blaf


Werkwoord: blaf
Verlede tyd: het geblaf
Teenwoordige deelwoord: blaffende

Betekenis:
• Een van die geluide wat 'n hond maak ('n hond kan ook knor, grom of tjank).
• (figuurlik) Hard en aanhoudend hoes of radeloos skree.

Gebruik:
• Die hond blaf vir die koerantman.
• Wat blaf jy so vandag?

Spreekwoord:
• Teen die maan blaf. [Vergeefse pogings aanwend.]
• Sy blaf is erger as sy byt. [Hy dreig meer as wat hy werklik doen.]
• Dit help nie om te blaf as jy nie kan byt nie. [Moenie leë dreigemente maak nie.]
• Hy blaf met alle honde saam. [Geen eie mening hê nie en ander napraat.]
• Wie honde het, blaf nie self nie. [As 'n mens ander het om te beveel, doen jy nie self die werk nie.]
Blaf saam met die honde en huil saam met die wolwe. [Stem met persone van verskillende menings saam.]
• Kommandeer jou eie honde en blaf self. [Doen self wat jy voorstel en moenie verwag ander moet dit doen nie.]

Vertaling:
Engels: to bark; to yelp, cough
Nederlands: blaffen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bladsy
Volgende onderwerp: bleek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 22:23:49 MGT 2024