Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » binnekant
binnekant [boodskap #127737] Sa, 14 September 2019 11:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
binnekant
Afbreking: bin•ne•kant
Samestelling: binne + kant


Selfstandige naamwoord: binnekant
Meervoud: binnekante

Betekenis:
• Aan die sy (of sye) wat in 'n afgeskermde ruimte geleë is; in die binneste deel.

Gebruik:
• Die binnekant van die huis moet geverf word.

Sinoniem:
• binnesy

Antoniem:
• buitekant

Vertaling:
Engels: inside, interior
Nederlands: binnenkant


Bywoord: binnekant

Betekenis:
• In die binneste deel; binne en nie buite nie.

Gebruik:
Binnekant bou ons legkaarte en buitekant speel ons bal.

Vertaling:
Engels: inside
Nederlands: binnenkant


Voorsetsel: binnekant

Betekenis:
• Die deel wat binne in geleë is.

Gebruik:
• Jy mag nie binnekant die bus rook nie.

Vertaling:
Engels: inside
Nederlands: binnenkant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bier
Volgende onderwerp: binnekort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:18:22 MGT 2024