Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voete
voete [boodskap #127729] Sa, 14 September 2019 09:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18836
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voete.
Voete.
voete
Afbreking: voe•te
Uitspraak: /ˈfutə/


Selfstandige naamwoord: voet
Meervoud: voete
Verkleinwoord: voetjie
Meervoud van verkleining: voetjies

Betekenis:
• Meervoud van voet; meer as een voet. Onderste dele van mens (en dier) waarmee geloop word.

Gebruik:
• Gaan was jou voete voor jy in die huis inkom.

Spreekwoord:
• Albei voete plat op die aarde. [Realisties wees.]
• Die gras voor iemand se voete wegmaai. [Hom voorspring.]
• Die stof van jou voete skud. [Wys dat 'n mens die plek verag.]
• Dit is 'n afgod met voete van klei. [Iets waarop jy nie kan staatmaak nie.]
• Iemand se voete onder hom uitslaan. [Iemand uitoorlê; volkome verras.]
• Jy het geen grond onder jou voete nie. [Jy het geen bewyse om jou bewerings te staaf nie.]
• Maak jou uit die voete. [Wegloop.]
• Moenie gras onder jou voete laat groei nie. [Tree dadelik op.]

Verwant:
• pote

Vertaling:
Engels: feet
Nederlands: voeten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bevelsin
Volgende onderwerp: minuut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 08:29:18 MGT 2024