Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beursie
beursie [boodskap #127724] Sa, 14 September 2019 08:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Beursie met baie geld daarin.
'n Beursie met baie geld daarin.
beursie
Afbreking: beur•sie


Selfstandige naamwoord: beursie
Meervoud: beursies
Verkleinwoord: beursietjie
Meervoud van verkleining: beursietjies

Betekenis:
• Sakkie waarin geld gebêre en rondgedra word.

Gebruik:
• My beursie is uit my agtersak gesteel.

Spreekwoord:
• Daar is 'n gat in sy beursie. [Hy gee sy geld gou uit.]
• Vroeg uit die bed maak die beursie vet. [Wie vroeg opstaan, sal ryk of voorspoedig wees.]

Vertaling:
Engels: purse, wallet
Nederlands: portemonnee, portefeuille, geldbeurs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: betyds
Volgende onderwerp: beurt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:50:17 MGT 2024