Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beaumont en Fletcher
Beaumont en Fletcher [boodskap #127669] Sa, 07 September 2019 15:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die boek, Comedies and tragedies, deur Beaumont, F., & Fletcher, J., 1647.
Die boek, Comedies and tragedies, deur Beaumont, F., & Fletcher, J., 1647.
Beaumont en Fletcher was Engelse toneelskrywers in Shakespeare se tyd. Hulle was onder die vriende wat hy dikwels in die Mermaid Tavem in Londen ontmoet het. Francis Beaumont (1584 - 1616) was ’n vriend van Drayton en Ben Jonson. John Fletcher (1579 - 1625) is aan die pes dood; van hom is die toneelstuk The Faithful Shepherdess (1609). Hulle het verskeie toneelstukke saam geskryf, soos The Two Noble Kinsmen.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beaumarchais, Pierre Augustin Caron de
Volgende onderwerp: Beauvais
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 12:55:49 MGT 2024