Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beatty, David
Beatty, David [boodskap #127667] Sa, 07 September 2019 15:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Admiraal David Beatty.
Admiraal David Beatty.
David Beatty, graaf Beatty van die Noordsee (1871 - 1936) was 'n Britse admiraal tydens de Eerste Wêreldoorlog toe hy slegs 39 was (net soos Nelson). Hy het deelgeneem aan die seeslag by Jutland (1916), waarna die Duitse vloot hom nooit weer op die ope see gewaag het nie. Hy was van 1916 tot 1619 gesagvoerder van die Britse slagvloot.

Beatty voer bevel tydens die Slag by Doggersbank (1915) en die Slag by Helgoland en die Tweede slag by Helgoland. Hy voer bevel oor die slagkruisers tydens die Slag by Jutland, die grootste seeslag tussen slagskepe wat tot hede plaasgevind het. Ná die slag kry hy bevel oor die Grand Fleet. Hy was ná Horatio Nelson die jongste admiraal ooit. Winston Churchill vra hom of hy nie te jonk was om 'n admiraal te wees nie. Beatty vra in antwoord daarop, of hy, Winston Churchill, nie te jonk was om die "First Lord of the Sea" te wees nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beatrijs
Volgende onderwerp: Beaumarchais, Pierre Augustin Caron de
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 18:03:28 MGT 2024