Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die kat kom weer
Die kat kom weer [boodskap #127631] So, 01 September 2019 08:10
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Piet haat sy vrou se kat en besluit op 'n dag om ontslae te raak van die kat.
Hy vat die kat en ry so 2 km ver en smyt hom uit die kar uit.
Toe hy by die huis kom, wag die kat vir hom.

Weer laai hy die kat in sy kar en ry so 5 km weg en smyt hom weer uit.
Hy kom by die huis en hier wag die kat weer vir hom.

Hy laai die kat weer in en ry 'n helse ent, draai links, draai regs, dan 'n ent terug, dan weer links en regs vir kilometers en gooi uiteindelik die kat weer uit.

Na 'n ruk bel Piet sy vrou en vra of die kat by die huis is.
  "Ja," sê sy. "Hoekom vra jy?"

Piet antwoord:
  "Gee die foon vir die kat. Ek het in my peetjie in verdwaal!"
Vorige onderwerp: Die drankprobleem
Volgende onderwerp: Studieskuld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:04:39 MGT 2024