Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaam
skaam [boodskap #127547] Sa, 24 Augustus 2019 18:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18582
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skaam
Afbreking: skaam


Werkwoord: skaam
Verlede tyd: het geskaam

Betekenis:
• Sleg voel oor iets wat iemand doen of sê; beskroomd en verleë voel.

Gebruik:
• Ek skaam my vir my vriende se gedrag.

Spreekwoord:
• Jou oë uit jou kop skaam. [Baie skaam wees.]

Verwant:
• skaamkwaad
• skaamrooi

Vertaling:
Engels: to feel ashamed, be ashamed, feel shame
Nederlands: schamen


Byvoeglike naamwoord: skaam
Vergrotende trap: skamer
Oortreffende trap: skaamste
Attributief: skaam
Intensief: doodskaam, rooiskaam

Betekenis:
• Ongemaklik en bang tussen ander mense; sku en beskroomd; inkennig.

Gebruik:
• Jy hoef nie skaam te wees nie.

Verwant:
• skaamheid
• skamerig

Vertaling:
Engels: shy, bashful; ashamed
Nederlands: schuchter, schroomvallig, timide

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opmerking
Volgende onderwerp: drom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 09:36:05 MGT 2024