Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oordeel
oordeel [boodskap #127545] Sa, 24 Augustus 2019 09:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18582
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oordeel
Afbreking: oor•deel


Werkwoord: oordeel
Verlede tyd: het geoordeel

Betekenis:
• 'n Mening of opinie oor 'n persoon of 'n saak gee.

Gebruik:
• Sy oordeel heeltemal te vinnig.

Vertaling:
Engels: to judge
Nederlands: oordelen


Selfstandige naamwoord: oordeel
Meervoud: oordele
Verkleinwoord: oordeeltjie
Meervoud van verkleining: oordeeltjies

Betekenis:
• 'n Mening of bevinding; iemand se opinie.
• Iemand se vermoë om te onderskei en besluite te neem.

Gebruik:
• Volgens my oordeel was die optrede geregverdig. Moenie so vinnig 'n oordeel vel nie.
• Die oordeel kom jou nie toe nie. Moenie die besluit aan ander se oordeel oorlaat nie.

Vertaling:
Engels: judgement, sentence, opinion
Nederlands: oordeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ignoreer
Volgende onderwerp: opmerking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 03:29:12 MGT 2024