Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baudelaire, Charles
Baudelaire, Charles [boodskap #127539] Vr, 23 Augustus 2019 19:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles Baudelaire deur Étienne Carjat, 1863.
Charles Baudelaire deur Étienne Carjat, 1863.
Charles Baudelaire (1821 - 1867) was 'n Franse digter. In 1857 verskyn sy digbundel Les Fleurs du Mal (Die Blomme van die Kwaad) wat mens sonder twyfel ’n klassieke werk kan noem. Baie neem in sy tyd aanstoot aan verskillende van sy gedigte, wat pervers genoem is. Dié word wetlik verbied en by ’n tweede druk weggelaat. Dit verskyn afsonderlik te Brussel. Baudelaire word later gerehabiliteer. Hy het ’n groot invloed uitgeoefen op die digters nie alleen van sy tyd nie, maar ook op dié van latere geslagte. Sy kritiese studies oor beeldende kunste is van die grootste belang. Deur sy ongelukkige lewe daartoe gedryf, gee hy hom oor aan drank en verdowingsmiddels en sterf in ’n gestig vir kranksinniges in Parys.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Battersea
Volgende onderwerp: Baum, Vicki
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 09:48:45 MGT 2024