Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » antwoord
antwoord [boodskap #127529] Do, 22 Augustus 2019 15:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18625
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
antwoord
Afbreking: ant•woord
Uitspraak: /ˈɐnt.vuə̯rt/


Selfstandige naamwoord: antwoord
Meervoud: antwoorde
Verkleinwoord: antwoordjie
Meervoud van verkleining: antwoordjies

Betekenis:
• Die reaksie op 'n vraag; mondeling of skriftelik repliek.
• Oplossing vir 'n gestelde probleem.
• Weerklank; eggo.

Gebruik:
• Hy skuld my nog 'n antwoord. Sy begin haar antwoord op 'n skoon bladsy.
• Die regering kon nog geen antwoord op die probleem vind nie.
• Waar die kranse antwoord gee.

Spreekwoord:
• Ek bly jou 'n antwoord skuldig. [Vasgevra wees; nie in staat om te reageer nie.]
• Stilbly is ook 'n antwoord. [Al sê 'n mens niks, kan dit dikwels betekenisvol wees.]

Sinoniem:
• repliek

Antoniem:
• vraag

Afkorting:
• antw.

Vertaling:
Engels: answer, reply
Nederlands: antwoord


Werkwoord: antwoord
Verlede tyd: het geantwoord
Teenwoordige deelwoord: antwoordende

Betekenis:
• Op 'n vraag reageer; repliek lewer.

Gebruik:
• Sy antwoord die vraag foutloos.
• Hy kan nie die vrae antwoord nie.

Sinoniem:
• beantwoord

Antoniem:
• vra

Vertaling:
Engels: to answer, reply
Nederlands: antwoorden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: joernalis
Volgende onderwerp: normaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:34:55 MGT 2024