Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bathlaping (Thlaping)
Bathlaping [boodskap #127506] So, 18 Augustus 2019 19:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Bathlaping (kortweg Thlaping) is ’n stam behorende tor die Wes-Sotho-(Tswana-)groep van die Bantoe. Hulle woon in verskillende reservate in die omgewing van Taung. Die groep het waarskynlik teen die einde 16de, begin 17de eeu uit die Barolong ontstaan. Hulle het aan die begin van die 19de eeu met blankes in aanraking gekom. R. Moffat was onder hulle as sendeling van 1820 tot 1840. In 1882 moes hulle kaptein, Mankurwane, ’n deel van sy gebied aan ’n groepie Boere afstaan en daarop is die Republiek Stellaland (sien BOEREREPUBLIEKE) gestig.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bath
Volgende onderwerp: Bathurst
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 01:06:29 MGT 2024