Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bataafse Republiek
Bataafse Republiek [boodskap #127501] So, 18 Augustus 2019 16:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Bataafse Republiek in 1802.
Die Bataafse Republiek in 1802.
Bataafse Republiek (1795 - 1806) was 'n tydperk in Nederland wat begin het met die vertrek van stadhouer Willem V na Engeland. Die Kaap is toe deur Engeland verower en die tydperk van die Bataafse Bewind aan die Kaap het eers in 1803 begin, nadat by die Vrede van Amiens in 1802 ooreengekom is dat Engeland die verowerde kolonies, behalwe Ceylon, aan die Bataafse Republiek sou teruggee.

Op 1 Maart 1803 het Mr. Jacob Abraham Uytenhage de Mist vir genl. Jan Willem Janssens as die toekomstige gesaghebber van die Kaap voorgestel. Die Politieke Raad het uit 4 lede bestaan, die Raad van Justisie uit 6. Die fiskaal is vervang deur ’n openbare aanklaer. Verder was daar ’n Rekenmeester, ’n Desolate Boedelkamer, ’n Weeskamer en ’n Bank van Lening. Ook die Raad van Gemeente was ’n interessante instelling. Baie hervormings i.v.m. die onderwys, landbou, regspraak, reëlings in die buitedistrikte is beplan, maar min van hierdie planne is verwesenlik, aangesien die Kaap in Januarie 1806 weer deur Brittanje verower is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bastinado
Volgende onderwerp: Batavia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 18:49:28 MGT 2024