Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basterkoedoe
Basterkoedoe [boodskap #127497] So, 18 Augustus 2019 15:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die basterkoedoe.
Die basterkoedoe.
Die basterkoedoe is ’n baie sku grysbruin wildsbok (Tragelaphus angasi familie Bovidae) van die bosveld, met ’n mooi kop en ’n wit V-vormige teken voor die oë, goed ontwikkelde maanhaar wat van die horings af tot by die stert loop, lang, ruwe swart hare onder die keel en die onderdele, voor- en agterbene wit aan die binnekant, maar onderkant die knieë kastaiingbruin. Die dikbehaarde stert is bo swart, onder wit; die horings is in ’n min of meer oop spiraal gedraai met strooikleurige punte, en oor die lyf is daar 14 min of meer duidelike regaf lopende wit strepe wat duideliker is by die kastaiingbruin, maanhaarlose ooi. Skouerhoogte van die ram 107 cm (42 dm.); van die ooi ca. 10 cm (4 dm.) minder; kom in die noordelike deel van die Krugerwildtuin en in die noordooste van Natal voor.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Basterhartbees
Volgende onderwerp: Bastiaanse, Wilhelm Ange François
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:55:26 MGT 2024