Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basterhartbees
Basterhartbees [boodskap #127496] So, 18 Augustus 2019 15:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die basterhartbees.
Die basterhartbees.
Die basterhartbees is 'n donkerbruin wildsbok (Damaliscus lunatus, familie Bovidae) van die bosveld, purperswart op die gesig, skouers, heupe en die boonste deel van die bene; onder purperrooi tot wit, die lang stert het ’n lang swart kwaspunt. Albei geslagte het halfmaanvormige horings, gering en sterker by die bulle as by die koeie. Skouerhoogte 117 - 122 cm (46 - 48 dm.) Volop in die Krugerwildtuin en in die noordelike dele van Botswana (Betsjoeanaland), langs die Okavango tot by die Etoshapan en Angola. Hulle hou in kleinerige kuddes soms saam met sebras en blouwildebeeste. Die basterhartbees behoort nie tot die geslag van die hartbees nie, maar wel tot dié van die blesbok. Hulle behoort almal, saam met die wildebeeste, in die onderfamilie Alcelaphinae.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bastergemsbok
Volgende onderwerp: Basterkoedoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 18:01:49 MGT 2024