Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basspinnekop
Basspinnekop [boodskap #127493] So, 18 Augustus 2019 07:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Basspinnekop.
'n Basspinnekop.
Die basspinnekop (Araneidae Caerostris sexcuspidata) is 'n spinnekop behorende tot die geslag Caerostris met twee lang uitsteeksels op sy sy. Die spinnekop lyk soms na ’n stukkie bas, sodat mens hom nie maklik op stammetjies raaksien nie. Hy maak saans 'n groot wawielweb (maar ook bedags as dit bewolk is) en verwyder die wawiel deel voor dagbreek. Bedags trek hy sy ledemate in, sodat dit soos 'n knoets op 'n takkie lyk.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bassiaan
Volgende onderwerp: Bass-straat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:37:14 MGT 2024