Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Woordeboek » aantrek
aantrek [boodskap #127463] Wo, 14 Augustus 2019 07:36
Inligting is tans aan-lyn  Inligting
Boodskappe: 6475
Geregistreer: November 2018
Karma: 0
Senior Lid
aantrek
Afbreking: aan•trek
Samestelling: aan (vnw.) + trek (ww.)


Werkwoord: trek aan, aantrek
Verlede tyd: het aangetrek

Betekenis:
• Klere aan die lyf sit.
• Aanlok of na mekaar trek.

Gebruik:
• As dit koud is moet jy jou trui aantrek.
• Die soet reuk sal die bye aantrek.

Spreekwoord:
• Jou iets aantrek. [Jou daaroor kwel.]
• Adam en Eva se skoene aantrek. [Kaalvoet loop.]
• Die stoute skoene aantrek. [Iets dappers aandurf. Moed versamel om iets te doen.]
• As die skoen jou pas, moet jy hom maar aantrek. [As jy skuldig voel, moet jy wat gesê is, op jouself toepas.]

Antoniem:
• uittrek

Vertaling:
Engels: put on, dress; attract, pull, appeal
Nederlands: aantrekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aantekening
Volgende onderwerp: prehistories
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Aug 24 06:35:18 UTC 2019