Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » 'n GRAPPIE 'n DAG.
'n GRAPPIE 'n DAG. [boodskap #11091] Do, 23 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Liewe mede Internetter,
Geniet die volgende storie:

Pa sien die dag dat sy erfgenaam [5] en twee van sy maatjies in 'n baie
ernstige gesprek gewikkel is. Later is die ander twee terug na hulle huis
en Pa kry sy seunskind waar hy by die visdammetjie na die visse staan
en kyk. Pa se nuuskierigheid kry die oorhand wanneer hy vra:
"En toe ou grootman, ek sien julle het vanmiddag sommer groot dinge
gesels, waaroor was die gesprek?"
"Pa sal nie vir Ma sê nie, né"
"Natuurlik nie." Lieg Pa.
"Pa ons het gepraat oor as ons eendag groot is."
"En wat as julle groot is?" vra Pa.
"Ons het gedink as ons groot is dan kry ons vrouens."
"Nee maar dis reg so," sê Pa "en dan?"
"Ja sien Pa, dan trek ons ons hemde uit en dan gaan lê ons by hulle en dan
het ons seks met hulle!!!"
"Nee, ek verstaan, maar trek julle nie julle broekies ook uit nie?"
"A-nee-a Pa , Ons kan dit nie doen nie, want as ons ons broekies ook
uittrek, dan sien hulle ons goeters, en dan lag hulle vir ons."

ONS WIL 'n VRIENDELIKE UITNODIGING RIG:
Eers 'n verduideliking:

Ons het vanaf September 1996 'n tuisblad waar ons kostelikhede kwytraak
waarmee kinders voorendag gekom het. Ons het nou al 'n tros van die goed
bymekaar gemaak en ons wil dat jy dit saam met ons geniet. Ons beplan dus
die volgende. Ons beplan om elke Maandag en Donderdagoggend van die
sê-goed aan mede Internetters per E-pos te stuur.

Indien jy dus op daardie twee dae die dag met 'n lag wil begin, stuur net
aan ons jou E-pos adres.

ONDERNEMING:
Ons onderneem plegtig dat ons die adresse wat ons ontvang vir GEEN ander
doel sal gebruik nie.
Ons sal BAIE BESLIS dit NIE gebruik om iets aan jou te probeer verkoop of
gemorspos aan jou te stuur nie.
Ons sal die adresse ook nie aan enige ander instansie gee nie.
Indien jy jou adres aan ons gegee het en jy besluit later dat jy nie meer
belangstel nie, dan sal ons op jou versoek jou adres verwyder.

Indien jy dink dat ons 'n verskuilde agenda het - verkeerd. Nou wil jy weet
hoekom ons dit wil doen. Dis baie maklik om te antwoord: NET VIR ONS ALMAL
SE PLESIER. Glimlaggies het so min geword in die Nuwe Suid-Afrika.

Ons wil 'n leuse maak: "Begin 'n slag jou dag met 'n lag."

Stuur jou E-pos adres aan dm...@global.co.za

Groete,

Danie Martins
dm...@global.co.za
http://www.global.co.za/~pretblad
Re: 'n Grappie [boodskap #24943 is 'n antwoord op boodskap #11091] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Is dit jou reels Glods ?

Wys ons die reels van die NG !

Hier is die voertaal Afrikaans en dit is nie iets wat deur jou ges
kaak kan word nie.

Krokkie

@igs.net wrote in message ...
> "Marius" writes:
>
>>
>>>> TO TECHNICAL SUPPORT:
>
>
> Skoert, jou ou hanskakie en hensopper,
> met jou Engelse grappe van die Afrikaanse
> nuusgroep af. Hierdie nuusgroep is vir
> geskrifte in Afrikaans en oor Afrikaans.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Grappie [boodskap #24944 is 'n antwoord op boodskap #11091] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Marius" writes:

>
>>> TO TECHNICAL SUPPORT:


Skoert, jou ou hanskakie en hensopper,
met jou Engelse grappe van die Afrikaanse
nuusgroep af. Hierdie nuusgroep is vir
geskrifte in Afrikaans en oor Afrikaans.

Gloudina
Re: 'n Grappie [boodskap #24983 is 'n antwoord op boodskap #11091] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:7nkflg$stc$1@news.igs.net...
> Skoert, jou ou hanskakie en hensopper,
> met jou Engelse grappe van die Afrikaanse
> nuusgroep af. Hierdie nuusgroep is vir
> geskrifte in Afrikaans en oor Afrikaans.
>
Waarom skryf die dame dan so graag in Afrikaans oor snert? Of maak ek nou
'n hele paar foute?

Doen bietjie meer van die plasings waarin jy van omswerwinge vertel wat jy
gehad het. En vergeet van queen speel op die nuusgroep.
Jou reisbeskrywings of oor julle plaslike figure is baie mooier as jou gal
afgaan oor ander mense op die nuusgroep.
Re: 'n Grappie [boodskap #25016 is 'n antwoord op boodskap #11091] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Jul 1999 14:28:00 GMT, wrote:

|"Marius" writes:
|
|>
|> >>TO TECHNICAL SUPPORT:
|
|
| Skoert, jou ou hanskakie en hensopper,
| met jou Engelse grappe van die Afrikaanse
| nuusgroep af. Hierdie nuusgroep is vir
| geskrifte in Afrikaans en oor Afrikaans.
|
Gloudina ou ding, jy mag maar ook bietjie in Kanadees smile! Bêre jou
stywe ou Afrikaanse bolip.... As jy nie die grappie verstaan nie,
moenie kommentaar lewer nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: 'n Grappie [boodskap #25017 is 'n antwoord op boodskap #11091] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) write
> Gloudina ou ding, jy mag maar ook bietjie in Kanadees smile! Bêre jou
> stywe ou Afrikaanse bolip.... As jy nie die grappie verstaan nie,
> moenie kommentaar lewer nie.

Hier is ou Johan, wat-eers-praat-
en-dan-miskien-later-dink (as hy
tyd het) met sy persoonlike
opmerkings. Die "ou grappie" is
holruggeryde Noord-Amerikaans
gefabriseerde kuberjunk wat jy
met gereelde tussenposes op die
Internet of in die pers sien.
Ek objekteer teen die gepos daarvan
op 'n nuusgroep wat vir en oor
Afrikaans is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Grappie oor lank gelede
Volgende onderwerp: 'n Grappie - die mure van Jerusalem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:53:20 MGT 2024