Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baske
Baske [boodskap #127442] So, 11 Augustus 2019 14:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Baske is mense wat aan weerskante van die Pireneë woon, in Noord-Spanje en Suidwes-Frankryk, en hul afstammelinge elders, veral in Argentinië. Die Baske is ’n merkwaardige ras en het baie ou tradisies, volksdanse, spele en begrafnisgebruike. Hulle praat Baskies (Euskara) ’n taal wat met geen ander taal in Europa verwant is nie, en hulle is buitengewoon godsdienstig (Rooms-Katoliek). Die mans is uitstekende soldate, goeie boere en waaghalsige seelui; baie van hulle was ontdekkingsreisigers. Ignatius Loyola, die stigter van die Jesuïete-orde, was ’n Bask; ook Franciscus Xaverius, die 16de-eeuse sendeling.

Met die Baskiese provinsies word bedoel die deel van Noordoos-Spanje vandag bekend as die provinsies Guipúzcoa, Vizcaya (Biskaje) en Álava.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Basis
Volgende onderwerp: Basil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 21:13:50 MGT 2024