Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bartók, Béla
Bartók, Béla [boodskap #127429] Sa, 10 Augustus 2019 20:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Béla Bartók in 1927.
Béla Bartók in 1927.
Béla Bartók (1881 - 1945) was 'n Hongaarse komponis; een van die weinige hedendaagse komponiste oor die onsterflikheid van wie se werke daar min meningsverskil bestaan. Sy publikasies kan in drie groepe onderverdeel word:

1. Sy uitgawes van volksmusiek, onder andere Magyar Népdalok (met die medewerking van sy komponiskollega Kodály). Die skerp moderne tonaliteit en harmonieë waarmee hy dié volksmusiek inklee, kom aanvanklik vreemd voor, maar dit tintel van viriliteit.

2. Sy eie werke, waarin folkloristiese temas ingeweef word, bv. die rondo’s vir klavier.

3. Ander komposisies, die vernaamste waarvan konsert vir orkes, divertimento vir strykorkes, Mikrokosmos (klavier), ses strykkwartette, 1 viool- en 3 klavierkonserte, en ’n danssuite vir orkes blyk te wees.

Hierdie werke toon duidelik dat dit baie lank geduur het voordat Bartók ’n eie idioom gevind het. Sy laaste twee kwartette en die vioolkonsert, veral, is egter die sieninge van ’n genie - een wat heeltemal van ander invloede gespeen is en ’n eie taal besig.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bartholomeusnag
Volgende onderwerp: Bartolommeo, Fra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:28:10 MGT 2024