Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Skoonma is weg
Skoonma is weg [boodskap #127362] So, 04 Augustus 2019 19:38
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 355
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Op sy aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op 'n jagtog in die Kalahari.
Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker.
"Mammie is weg!"
Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen die boom met 'n leeu wat vir haar staan en gluur.
"Ag jittetjie tog!" gil Koos se vrou.
"Wat gaan ons nou doen?"
"Niks nie!" sê Koos kalm.
"Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry!"
Vorige onderwerp: Eet jou pampoen!
Volgende onderwerp: Skoolgrap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Aug 24 06:56:38 UTC 2019